Cosatu sê werkers is onder toenemende druk

Cosatu in die buurland sê alle spertye oor die Wysigingsetsontwerp op Pensioenfondse sal binnekort gehaal word om die implementering in September te verseker, na werkers sedert 2020 op dié verligting wag. Die Nasionale Raad van Provinsies het die wetsontwerp gewysig. Matthew Parks van Cosatu sê werkers is diep in die skuld weens trae ekonomiese groei, styende lewenskoste en om familielede te steun wat ‘n stryd voer in ‘n ekonomie met ‘n werkloosheidsyfer van 41-persent: