Rusland sal aanvalle vererger voor VSA-hulp aankom

Die Instituut vir die Studie van Oorlog sê dit lyk of Russiese magte met mening gaan toeslaan in die komende weke om voordeel te trek uit die feit dat Oekraïne wag vir Amerikaanse militêre hulp om te arriveer. President Vladimir Putin se magte het op ten minste drie plekke aan die oostelike front in Oekraïne veld gewen die afgelope tyd. Die instituut sê dit lyk asof Russiese magte hulle pogings verskerp om Oekraïne se verdediging te destabiliseer en veld te wen. Verlede week het die Amerikaanse president Joe Biden ‘n buitelandse hulppakket van 1,81 triljoen Namibiese dollar aan Oekraïne, Israel en Taiwan onderteken.