Wes-Kaapse ouers kan gerus wees oor protes-aksie

Die Wes-Kaapse onderwysdepartement het vandag bevestig dat skole op Maandag 20 Maart gesluit sal wees aangesien dit ‘n skoolvakansiedag is. LUR David Maynier sê sy departement is bewus van kommer wat geopper is oor die moontlike impak van die beweerde nasionale stilstand wat vir Maandag deur die EFF beplan is. Hy sê ouers hoef dus nie bekommerd te wees oor hoe die protes-aksie hul kinders gaan raak nie. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad het meer…