Namibiese eierprodusente in die knyp

Die jaarlikse inflasiekoers in Namibië het in Februarie tot 7,2 persent gestyg, die hoogste in ses maande, vanaf 7 persent in die vorige maand. Plaaslike eierprodusente voel die knyp van die styging in pryse. Rene Wentscher, ‘n plaaslike eierprodusent, sê as pryse aanhou styg, dit beslis ‘n impak op eierpryse sal hê. Die eierprodusente het uitdagings weens die goedkoper eiers wat uit Zambië en Suid-Afrika ingevoer word. Wentscher het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor prysstygings wat ‘n uitwerking op eier-verkope het.