Rugby: Bulle teen WP op Loftus

Rugby: Die tradisionele Noord/Suid-mededinging hervat vanaand wanneer die Bulle die Westelike Provinsie pak in die Curriebeker-kompetisie, hierdie keer op Loftus Versfeld in Pretoria. Die tuisspan is onder druk ná die verdedigende kampioen, die Pumas hulle met 63-15 vermorsel het in verlede naweek se eerste ronde. Die besoekers het die Leeus omvattend geklop met 44-28. Sondag pak die Griffons en die Cheetahs mekaar in Welkom, en die Griekwas speel teen die Haaie in Kimberley.