Welwtischia-kaptein gesels oor drie oorwinnings, Wêreldbeker-groep

Dit juig in Namibiese rugbysirkels met die Windhoek Draught Welwitschias wat vir die sewende keer daarin geslaag het om vir die 2023 Wêreldbeker in Frankryk te kwalifiseer. Die span het pas hul veldtog in Frankryk met drie oorwinnings afgesluit en volgens kaptein Johan Deysel was dit altyd maklik nie.

Namibië sal in die Wêreldbeker 2023 in Groep A inskakel met die gedugte gasheerspan Frankryk, die All Blacks, Italië en Uruguay. Deysel sê hulle is opgewonde, en dankbaar.