Limpopo bevestig aap-pokke, Switserse toeris

‘n Geval van aap-pokke is in Limpopo aangemeld. Die provinsiale Gesondheidsdepartement sê ‘n 42-jarige toeris van Switserland wat tans in die provinsie vakansie hou, het positief getoets vir die siekte. Die pasiënt het blykbaar simptome soos ‘n uitslag, spierpyn en moegheid ervaar. Die LUR vir Gesondheid, Phophi Ramathuba, sê drie kontakte is reeds opgespoor, maar hulle toon tans geen simptome nie. Dit bring die getal aap-pokke-gevalle in Suid-Afrika op drie te staan, met nog een in  Gauteng en die ander een in die Wes-Kaap.