Daar’s talle skuiwergate in die Presidensie se verkryging

Daar word berig dat daar verskeie skuiwergate in verkryging by die Namibiese Presidensie is. Luidens die berigte is enigiets moontlik onder nuwe wetgewing wat in Julie 2017 in werking getree het. Nasionale en ope aanbiedings word op die webtuiste geadverteer maar bereik nie enige ander mediakanale nie en versoeke vir kwotasies sluit voor hulle op die webtuiste verskyn. Van die tenders is ook uiters deurmekaar met een wat promosie-items aanvra maar, daar is 11 items waarvan net een van elk aangevra word. Verder, die tender was eers op 23 Mei vanjaar op die kantoor van die president se webtuiste gelaai en het op 10 Junie gesluit – baie minder as 30 dae. Vir ‘n ander tender is skoonmaakmiddels, sonder enige besonderhede aangevra terwyl ander nie voldoen aan die tipe versoek wat gerig  is nie.