Weinstein word ook in Brittanje vervolg

Die Verenigde Koninkryk se vervolgingsdiens het die metropolisie toestemming gegee om die gewese Hollywood-vervaardiger, Harvey Weinstein, aan te kla van onsedelike aanranding. Dit hou verband met die beweerde aanranding van ‘n vrou in Londen in 1996. Die vervolgingsdiens se woordvoerder, Rosemary Ainslie, sê die regsproses teen die aangeklaagde is aktief en hy het die reg op ‘n regverdige verhoor. Volgens Britse media, is dit nog nie duidelik watter roete gevolg sal word om Weinstein uit te lewer om in die Verenigde Koninkryk tereg te staan nie.