Kaderontplooiing lei tot korrupsie, staatskaping – DA

Die DA in Suid-Afrika sê die ANC gebruik kaderontplooiing as ‘n strategie om poste vir partylede te waarborg. Leon Schreiber van dié party sê die gevolg hiervan is wydverspreide korrupsie, staatskaping, en dienslewering wat in duie stort. Die DA het sy wetsontwerp om kaderontplooiing te stop aan die Parlement voorgelê. Hy sê die wetsontwerp sal aanstellings oral in die staatsdiens volgens meriete afdwing en dit onwettig maak vir politici om in die staatsdiens te werk: