Waterkwaliteit word in Tsumeb gemonitor

Die Tsumeb Munisipaliteit gaan voort om die waterkwaliteit op sy produksieboorgate sowel as verspreidingstelsel noukeurig te monitor. Dit volg op ‘n mediavrystelling deur Dundee Precious Metals Tsumeb wat in Desember 2022 gepubliseer is, wat aandui dat die dorp se water ‘n hoë getal mikrobiologiese spore bevat. Boonop het die Tsumeb-munisipaliteit gesê hy neem ernstige kennis van die toetse wat deur die mynmaatskappy uitgevoer is op die kwaliteit van die drinkwater op sy terrein. Kosmos 94.1 Nuus het met Stella Imalwa-Nangolo, dorpswoordvoerder, gepraat wat die gemeenskap aanraai om steeds hul drinkwater te kook.