Limpopo het 5 nuwe voëlgriep-uitbrekings

Die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling in Limpopo het vyf nuwe voëlgriep-uitbrekings op hoenderplase in die Waterberg-distriksmunisipaliteit aangemeld. Drie is in Bela Bela bevestig, een in Modimolle-Mokgoopong en een in Mogalakwena. Die betrokke plase is almal onder kwarantyn geplaas en geen lewendige diere, voëls en eiers mag van die plase verwyder word nie. Kommersiële hoendervleis en eiers is veilig om te eet. Die departement se woordvoerder, Simon Ramafalo, sê voëls wat die siekte kry, word vinnig siek en vrek.