City se Foden is Sokkerspeler van die Jaar

Phil Foden van Manchester City is deur die Engelse Sokker-skrywersvereniging aangewys as die Sokkerspeler van die Jaar, terwyl Khadija Shaw van die klub die vrouetoekenning verower het. Die middelveldspeler Foden sluit aan by ‘n groep bekende name, insluitend Stanley Matthews, Bobby Charlton, George Best en Kenny Dalglish. Foden is die derde City-speler die afgelope vier jaar wat sokker se oudste individuele toekenning kry, ná Ruben Dias in 2021 en Erling Haaland verlede jaar.