Duitser by OR Tambo vas vir mensehandel

‘n Man van Duitsland word aangekla van mensehandel en bedrog nadat hy gearresteer is met twee vroue van Madagaskar by hom. Hy wou na bewering die vroue, van 32 en 29, na Kroasië neem. News24 berig, die 56-jarige Joachim Will het gister in die Landdroshof in Kemptonpark verskyn en sal ‘n week in aanhouding bly voor sy borgtogverhoor. ‘n Gesamentlike polisiespan, gelei deur die Valke se Wes-Randse Ernstige Georganiseerde Misdaadeenheid, het saam met Interpol, Misdaad-intelligensie en Gauteng se Provinsiale Grenspolisiëring gewerk om Will aan te keer.