Wasserfall moordsaak weer in die hof

Moordbeskuldigde Azaan Madisia en haar jonger broer Steven Mulundu sal vandag weer in die Walvisbaaise landdroshof verskyn nadat hulle regsverteenwoordigers van die regshulpsentrum bekom het om hulle te verteenwoordig. Die broer en suster word daarvan beskuldig dat hulle Shannon Wasserfall vermoor het. Hulle is ‘n jaar gelede in hegtenis geneem. Daar word aangevoer dat hulle Wasserfall in April verlede jaar vermoor het en haar liggaam in ‘n vlak graf net buite die kusdorp begrawe het. Volgens die staat het Mulundu sy ouer suster gehelp om Wasserfall se liggaam te versteek. Die twee sal na verwagting vandag pleit. Wasserfall se dood het groot opslae gemaak met talle protesoptogte wat in verskeie dorpe teen geslagsgeweld plaasgevind het.