Chelsi drink vandag tee by Hage

Mej. Namibië 2021 Chelsi Shikongo gaan vanoggend om tien-uur ‘n welwillendheidsbesoek aan President Hage Geingob by Staatshuis aflê. Shikongo, ’n internasionale model en sosiale aktivis van Walvisbaai, sal binnekort aan die Mej. Heelal-kompetisie in Israel deelneem. Connie Maritz Mej. Namibië se besturende direkteur, sê sy en die ander afgevaardigdes sien uit daarna om die President te ontmoet.