Pfizer bied beste beskerming, Sinopharm en Sputnik V, swakste

Pfizer se Covid-entstof lei tot die hoogste vlak van teenliggaampies in vergelyking met ander enstowwe soos AstraZeneca, Sinopharm en die Russiese Sputnik V. Dit is volgens navorsing van Stanford Universiteit wat in ‘n vakjoernaal gepubliseer is. Volgens die navorsing het Sinopharm en Sputnik V die swakste gevaar.