Afrika-dag: Mbumba prys onderwys vir ontwikkeling

Dit is Afrika-dag onder die tema “Voed ‘n Afrika-kind op vir die 21ste eeu: Bou veerkragtige onderwysstelsels vir verhoogde toegang tot inklusiewe, lewenslange, kwaliteit en relevante leer in Afrika.” President Nangolo Mbumba sê Namibië werk daaraan om ‘n veerkragtige onderwysstelsel te bou wat inklusiewe, lewenslange leergeleenthede vir alle burgers bied. Hy sê in ‘n verklaring daar is vordering gemaak met die uitbreiding van onderwystoegang, veral vir gemarginaliseerde groepe, die vermindering van uitvalsyfers en die verbetering van geletterdheids- en syfervaardigheidsuitkomste. Ten spyte van uitdagings en ongelykhede, bly die fokus op die ontwikkeling van kwaliteit onderwysprogramme om leerders toe te rus met noodsaaklike vaardighede vir sukses in die 21ste eeu. Mbumba doen ‘n beroep op Afrika-gemeenskappe om die verbintenis te herbevestig om ‘n nuwe generasie Afrikane te koester wat voorbereid is vir die uitdagings van die 21ste eeu .