Israel bombardeer Rafah steeds

Israel bombardeer steeds die Gaza-strook en Rafah, ‘n dag na die VN se hoogste hof hulle beveel het om militêre operasies te staak. AFP berig pogings word nietemin in Parys voortgesit om ‘n wapenstilstand te bewerkstellig in die oorlog wat deur Hamas se aanval op 7 Oktober ontketen is. Die Internasionale Geregshof het ook die onmiddellike vrylating geëis van alle gyselaars wat deur Palestynse militante aangehou word, ure na die Israeliese weermag aangekondig het die liggame van nog drie aangehoudenes is in Gaza opgespoor.