Antimikrobiese weerstand-bewusmaking ‘skiet tekort’

Antimikrobiese weerstand hou ’n groot bedreiging in vir mense, diere en omgewingsgesondheid, asook die landbousektor. Daar is toenemende druk op die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) om die gebruik van antibiotika te reguleer. Die Namibiese regering oorweeg tans streng beheermaatreëls oor die gebruik van antibiotika, wat ook plaasdiere insluit en wat derhalwe ‘n impak kan hê op veeprodusente. Dr. Lee-Monique Anderson, ‘n veearts by die sentrale veearts laboratorium, sê hulle interaksies met boere skiet tekort en dit is moeilik om bewusmaking oor die kwessie uit te brei.