Enigiets kan in Monaco GP gebeur: Norris

Motorsport: Die Monaco Grand Prix is een van die mees ikoniese wedrenne in Formule Een. F1-renmotors sal weer hierdie naweek deur die nou kinkels en draaie van die beroemde straatbaan in Monte Carlo blits. Lando Norris was Max Verstappen se grootste uitdager in die laaste drie wedrenne met ‘n driekuns op die podium. Norris glo McLaren sal Red Bull in die oorblywende deel van die seisoen die stryd aansê, maar volgens hom kan Monaco onvoorspelbaar wees.