Hertoedeling van 100 plaas-titelaktes is politieke foefie: Saai

Die Suider-Afrikaanse Agri-inisiatief, Saai, sê die honderd titelaktes van hertoegedeelde plase wat die landbouminister, Thoko Didiza, aan begunstigdes oorhandig het, sou ‘n belangrike stap gewees het, as dit nie so ooglopend misbruik is as ‘n politieke foefie kort voor die verkiesing nie. Theo de Jager van Saai sê sy organisasie voer sedert 2020 ‘n stryd om die departement te dwing om meer deursigtig, regverdig en eerlik te werk te gaan met die toekenning en kansellasie van huurooreenkomste.