Voëlgriep-stam wek groot kommer

Die dodelike H5N1-voëlgriepvirus het meer aggressief as ooit tevore in wilde voëls en seesoogdiere versprei sedert dit in 2022 in Suid-Amerika aangekom het. Dit verhoog die risiko dat dit in ‘n groter bedreiging vir mense kan ontwikkel. Van onmiddellike kommer is bewyse dat die siekte, eens grootliks beperk tot voëlspesies, blykbaar tussen soogdiere versprei. Hierdie stam het reeds ‘n handvol dolfyne in Chili en Peru doodgemaak, sowat 50 000 robbe en seeleeus langs die kus, en minstens ‘n halfmiljoen voëls regoor die wêreld. Die stam kom ook voor in migrerende spesies.