Withuis vra weer dat Hamas-gyselaars vrygelaat word

Die Withuis het weer ʼn beroep op Hamas gedoen om vroue, bejaardes en gewonde gyselaars vry te laat en ʼn tydelike skietstilstand in die konflik met Israel te aanvaar. Hamas sê hy sal slegs ʼn ooreenkoms aanvaar wat gebaseer is op ʼn permanente skietstilstand, die beëindiging van die oorlog en dat Israelse soldate uit Gaza onttrek. Die Withuis se nasionale veiligheidsraadgewer, Jake Sullivan, sê ʼn skietstilstand van ses weke sal tyd toelaat om ʼn meer permanente oplossing te beding: