Voedselpryse styg (weer) in September

Voedselpryse het skerp gestyg in September en dryf die hoër inflasiesyfer van 5,4 persent aan. Vis is op met 16,9 persent en groente het met 16,4 persent gestyg. Die Namibiese Statistieke-agentskap het melding gemaak van die prys van kool. ‘n Jaar gelede het kool op minus 11,7 persent gestaan en tans is dit meer as 44 persent duurder. Vrugte is op met 15,3 persent en suikerprodukte met 11,7 persent. Koffie en tee is 10,4 persent duurder terwyl brood en grane met 9,9 persent gestyg het. Suiwel en eiers is 7,9 persent duurder en vleis, 7,7 persent. Olies en vette het weer gekrimp en is 5,1 persent goedkoper.