Sommige gebiede het stropery onder beheer

Wild- en vee-stropery neem geweldig toe in verskeie dele van die land. Omtrent elke week word een of meer sake aangemeld. Die prentjie lyk blykbaar nie te sleg in al die gebiede nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Günther Kahl, wat boer in die Kalkveld area, wat sê stropery het in sy gebied afgeneem.