Twee vas in Oekraïne vir sluipmoord-komplot

Twee Oekraïnse militêre offisiere is agter tralies vir hul beweerde betrokkenheid by ‘n Russiese komplot om president Volodymyr Zelensky te vermoor. Die land se staatsveiligheidsdiens sê die komplot is gefnuik. Die twee kolonels in die regerings-beskermingseenheid word beskuldig van ondermynende aktiwiteite in ruil vir finansiële vergoeding. Hulle word van hoogverraad aangekla, terwyl een ook van voorbereiding vir ‘n terreurdaad aangekla word. Luidens berigte het die beskuldigdes die sluipmoord beplan as ‘n geskenk aan die Russiese president Vladimir Putin vir sy inhuldiging vir ‘n vyfde termyn.