Borussia Dortmund haal eindstryd, eerste keer in 11 jaar

Borussia Dortmund is deur na hulle eerste Kampioeneliga-eindstryd sedert 2013 nadat hulle in die tweede deel van hulle halfeindronde-kragmeting met Paris Saint-Germain afgereken het. Mats Hummels se kopskoot in die tweede helfte het aan Dortmund ʼn een-nul-sege besorg met ʼn totale oorwinning van twee-nul. Die Duitse klub sal die eerste van volgende maand in die eindstryd in Londen óf teen Real Madrid óf Bayern Munich te staan kom. Dortmund se bestuurder, Edin Terzic, beskryf sy span se prestasie as uitstaande: