Eerste sonneblom-olie van groenskemas kom

Volgens die uitvoerende direkteur in die landbouministerie, Ndiyakupi Nghituwamata, sal 40 hektaar se sonneblomme, wat tans by die Shadikongoro en Sikondo groenskemas geoes word, gebruik word om 10 000 liter se kookolie te vervaardig. Dit is goeie nuus na die Namibiese Akkerbouraad in Februarie ‘n verslag oor plantaardige olies vrygestel het en aanbeveel het dat boere in die sektor belê. Die land het tussen 2022 en 2023 meer as 800 miljoen Namibiese dollar bestee op invoere van sonneblom-olie. Intussen oorweeg die munisipaliteit van Walvisbaai ‘n aansoek deur Sunflower Namibian Oil Production, om ‘n kookolie verwerkingsaanleg in die kusdorp aan te bring.