Vier vas, vier nog soek na transito-roof op Karibib

‘n Gewapende roof het Maandag op Karibib plaasgevind. Volgens inligting wat Kosmos 94.1 Nuus bekom het, het agt mans in twee voertuie die transito-voertuig wat geld van ‘n bank op die dorp vervoer het. Die mans het in twee voertuie gevlug na hulle ‘n wag deur die voet geskiet het. Hulle het weggekom met rondom 24 000 Namibiese dollar. Alle magte is ontplooi, buurtwagte sowel as polisie en teenstropery-eenhede. Vier mans is uiteindelik vasgetrek en die twee voertuie is gevind. Rickus Spangenberg van K9 Anti-Poaching and Security was daar. Hy gesels met Kosmos 94.1 Nuus.

Een van sy senior en mees ervare bloedhonde, Ruschka, is tydens die operasie dood.