Zizi wil teen DA optree oor vlag-advertensie

Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Zizi Kodwa, oorweeg optrede teen die DA se omstrede advertensie waarin die Suid-Afrikaanse vlag verbrand word. Die DA het die advertensie verdedig en sê dit versinnebeeld kommer oor die toestand waarin die land verkeer. Kodwa se woordvoerder, Litha Mpondwana, sê die minister het regeringsamptenare opdrag gegee om advies in te win oor moontlike optrede teen die skending van nasionale simbole: