Heinrich Klaasen help Sunrisers na IPL-eindstryd

Krieket: Heinrich Klaasen het ‘n 50-tal van 34-balle aangeteken om Sunrisers Hyderabad te help om na die eindstryd van die Indiese Premierliga deur te dring met ‘n gemaklike 36-lopie-oorwinning oor Rajasthan Royals. Klaasen het vier sesse gemoker en Sunrisers se telling tot 175 vir nege op te stoot nadat Travis Head en Raul Tripathi die span vroeër goed laat wegspring het. Shabhaz Ahmed het toe die skade met die bal aangerig met ‘n indrukwekkende drie vir 23. Sunrisers kom môre in die eindstryd teen Kolkatta Knight Riders in Chennai te staan.