Fishrotter se aansoek tot appèl misluk

Fishrot-beskuldigde Nigel van Wyk se aansoek in die hoërhof om verlof tot appèl is van die hand gewys. Van Wyk wou appelleer teen regter Moses Chinhengo se weiering om te onttrek as regter in die Fishrot-saak. Chinhengo het beslis daar was geen bewyse van regs- of feitefoute in sy vorige besluit nie, en die aansoek het nie redelike vooruitsigte op sukses gehad nie. Nog ‘n beskuldigde, Sacky Shanghala, het aangevoer die ysterheining wat die beskuldigdes van die res van die hofsaal skei impliseer skuld en maak inbreuk op sy waardigheid as beskuldigde. Hy beweer ook ‘n gebrek aan internettoegang tydens hofverrigtinge werk ‘n regverdige verhoor teë. Bernhard Esau het die hof versoek om die staat te beveel om sy regskoste te dek. Die saak is uitgestel tot 30 Mei vir ‘n statusverhoor en saakbestuur-sessie.