Oshakati beplan verskeie groot projekte

Die Oshakati-dorpsraad het ‘n voorlopige begroting van sowat 243,6 miljoen Namibiese dollar vir die 2024-2025 boekjaar ter tafel gelê. Die begroting is onderhewig aan goedkeuring deur die stedelike en landelike ontwikkeling-ministerie. Oshakati-burgemeester Leonard Hango sê die raad het besluit om nie tariewe vir water gedurende die boekjaar te verhoog nie. Die grootste deel van die begroting gaan aan formalisering van informele nedersettings. Verskeie groot projekte word beplan. Die raad het 12,2 miljoen Namibiese dollar bewillig vir die konstruksie van rioolnetwerke in Oshakati Noord Uitbreiding 12 en Evululuko, en 3,5 miljoen dollar vir die konstruksie van dienste by Uitbreiding 16. ‘n Totaal van 7,6 miljoen dollar is toegeken vir grootmaat-waterdienste in Ompumbu.