Google se Umoja-kabel wil SA beskerm teen internetonderbrekings

Die internet-soekreus, Google, belê in die Umoja-ondersese kabel wat Suid-Afrika en verskeie Oos-Afrika-lande met Australië sal verbind. Dis daarop gemik om die lande teen toekomstige internet-onderbrekings te beskerm deur noodsaaklike vermoë en ’n nuwe verbindingsroete. Die kabel sal oor ‘n afstand van 10 000km op die bodem van die Indiese Oseaan loop en die bestaande infrastruktuurbeleggings van Google en Meta versterk. Die soeklig het onlangs geval op die noodsaaklikheid van rugsteunstelsels nadat kabels gebreek het. Die Umoja-kabel sal voor die einde van die jaar in bedryf wees.