China waarsku oor oorlog oor Taiwan

China waarsku oor ‘n oorlog oor Taiwan en sê dit gaan teenmaatreëls opskerp totdat volledige eenwording bereik is. Chinese magte het militêre oefeninge rondom die selfregerende eiland gehou. Oorlogskepe en vegvliegtuie het Taiwan gister op die tweede dag se oefeninge omsingel, wat volgens Beijing ‘n toets is vir sy vermoë om die eiland te beset. Dit kom net dae nadat Taiwan se nuwe president ingehuldig is. China se magte het Donderdag begin met militêre oefeninge en Taiwan omsingel met vlootvaartuie en militêre vliegtuie.