Veterane gaan na Afrikabeker-toernooi

Die veterane krieketvereniging van Namibië se eerste Bo-40 span sal vanaf Sondag tot 1 Desember aan die eerste Bo-40 Afrikabeker-toernooi in Pretoria deelneem. Nicolaas Buys sal die span aanvoer wat bestaan uit dertien spelers van 40 jaar en ouer, wat steeds klubkrieket in Namibië en Suid-Afrika speel. Die span word afgerig deur Norbet Manyande, wat voorheen die Namibiese Onder-19 span en die vereniging se Bo-50 span afgerig het. Manyande het aan Kosmos 94.1 Sportnuus gesê die span is baie opgewonde en hul voorbereiding verloop goed.