Judges Matter tevrede met regters se verwydering

Judges Matter is tevrede met die aanbeveling van die Parlementêre portefeuljekomitee vir Justisie en Korrektiewe Dienste oor die verwydering van die geskorste regter-president van die Wes-Kaap, John Hlophe, en die afgetrede Gautengse regter, Nkola Motata. Albei regters is aan growwe wangedrag skuldig bevind. Hlophe word daarvan beskuldig dat hy probeer het om regters van die Konstitusionele Hof te beïnvloed in ‘n aangeleentheid wat verband hou met oudpresident Jacob Zuma, terwyl Motata skuldig bevind is aan dronkbestuur. Die hoof van Judges Matter, Alison Tilley, sê die aanbeveling is betekenisvol.