Israel-Hamas ooreenkoms ‘moet dadelik voortgaan’

Frankryk sê ‘n ooreenkoms tussen Israel en Hamas oor die vrylating van 50 gyselaars in ruil vir ‘n humanitêre wapenstilstand moet sonder verdere vertragings voortgaan. Parys dring ook aan op die onmiddellike vrylating van alle gyselaars. ‘n Woordvoerder van die Franse ministerie van buitelandse sake sê die land vra dat die bepalings van die ooreenkoms ten volle gerespekteer word. Israel het ‘n wapenstilstands-oorenkoms met Hamas aangegaan, maar sê na verwagting sal geen gyselaars voor môre vrygelaat word nie.