Verstappen wen derde F1 wêreldtitel in ‘n ry

Motorsport: Max Verstappen het gister sy derde agtereenvolgende wêreldtitel gewen toe hy in ‘n dramatiese snelren by die Katar Grand Prix tweede geëindig het ná die nuweling Oscar Piastri.  Verstappen het net drie punte nodig gehad om die titel syne te maak. Sy Red Bull-spanmaat Sergio Perez het na ‘n botsing uitgetree. Verstappen het die titel ingepalm met nog ses wedrenne oor in die seisoen, wat die grootste speling is van 2002 af, toe Michael Schumacher aan Ferrari die kampioenskap besorg het.