Versigtig vir die tweede uitgawe van staatskaping

Die Suid-Afrikaanse minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, sê die land se staatsbeheerde instellings is steeds blootgestel aan staatskaping. Hy sê daar word op die oomblik allerlei nuwe gesprekskoerse uitgestuur om die ware bedoeling van dit wat in een of ander vorm plaasvind, te bedek om sodoende staatskaping uitgawe twee te fasiliteer: