Vermeende parlementbrandstigter begin met sielkundige evaluering

Die Nasionale Vervolgingsgesag het bevestig die vermeende brandstigter, Zandile Mafe, het vandag met sy 30 dae sielkundige waarneming by die Valkenberg Psigiatriese Hospitaal begin. ‘n Woordvoerder, Eric Ntabazalila, sê in ‘n verklaring die NVG het aangevoer Mafe moet na die psigiatriese hospitaal verwys word vir waarneming ná distriksgeneesheer Zelda van Tonder ‘n aanbeveling gemaak het nadat sy Mafe met paranoïese skisofrenie gediagnoseer het.