Eerste sertifikate vir spesiale behoefte-leerders toegeken

Die onderwysministerie het die eerste toekenningsermonie van die Sertifikaat in Basiese Voorberoepsvaardighede aangebied. Die ministerie het deur die Namibië Instituut vir Onderwysontwikkeling ‘n spesiale kurrikulum geskep wat aangepas is vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes. Die instituut het die nuwe sertifikaat bekendgestel om hierdie leerders voor te berei vir toekomstige beroepsopleiding, of as assistente in spesifieke ambagte. Die sertifikaat word geakkrediteer deur die Namibië Kwalifikasie-owerheid op vlak 1. Dit dui op die aanleer van noodsaaklike voorberoepsvaardighede en dien as ‘n oorbruggingskursus vir verdere onderwys. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Sanet Steenkamp, die onderwysministerie se uitvoerende direkteur, wat die belangrikheid van die sertifikaat verduidelik.