Beleggers vlug uit SA weens ANC-regering: DA

Die DA sê die ANC-regering moet die skuld kry dat plaaslike en internasionale sentiment in die land tans op ʼn algehele laagtepunt is. Dit volg nadat die oliereus, Shell, aangekondig het hy onttrek aan Suid-Afrika, wat die verkoop van sy kleinhandel-bates insluit. Dion George van die DA sê beleggers wat reeds ontnugter is deur die ANC se nie-lewensvatbare benadering tot die ekonomie, vlug landuit weens die moontlikheid van ʼn ANC/EFF-koalisie: