Soektog na vermiste meisie by Outjo duur voort

Die soektog na die vermiste meisie, die tienjarige Kototo Poshiwololwe van die plaas Nuxas in die Outjo-distrik duur voort. Sy en ‘n seuntjie het ses dae gelede veld toe gegaan om na bokke te soek. Die seuntjie is later by ‘n veepos op ‘n buurplaas gevind, maar Kototo het nie teruggekeer huis toe nie. Intussen het Ongava Lodge aanliggend aan die Etosha Nasionale Park hul helikopter ingespan om te help soek na haar. Die hoofbestuurder van Ongava Lodge, Rob Moffet, sê aan Kosmos 94.1 Nuus sy is nog steeds nie gevind nie.