Reisverbod het dramatiese impak op lugrederye gehad

Suid-Afrikaanse lande werk hard om die streek se ekonomie te herstel. Die Namibiese gesondheisministerie het vandag aangekondig dat ten volle ingeënte Namibiërs, dié met permanent verblyf en vragmotorbestuurders hoef geen Covid-toets te doen om die land binne te kom nie. Hierdie stap word ook in Suid-Afrika oorweeg. Kosmos 94.1 Nuus het aan Airlink se Namibiese hoof, Wimpie van Vuuren, gevra oor hoe dit met lugrederye gaan, veral na Europa en Amerika ‘n reisverbod einde verlede jaar op reisigers uit Suider-Afrikaanse lande geplaas het. Van Vuuren sê die impak was dramaties gewees.