Verdedigingsminister trots op Namibiese weermag

Die Namibiese weermag vier vandag sy 31ste bestaansjaar. President Hage Geingob het tydens sy gelukwensinge aan die NDF gesê die NDF het aan verskeie operasies deelgeneem, soos misdaadvoorkoming landswyd, teenstropery in die Nasionale Parke van Etosha, Mangetti en Bwabwata, asook die Zambezistreek. Soldate het sprinkaanplae in die Noorde en Noordooste beveg en ondersteuning aan droogteverligting gegee. Die Namibiese minister van verdediging en veteranesake, Frans Kapofi, deel sy opgewondenheid met Kosmos 94.1 Nuus.