Universiteit van Kaasptad bespreek studenteskuld-beleid

Die Universiteit van Kaapstad het aangekondig hulle gaan ‘n vergadering met die universiteit se studenteraad hou oor die oorweging om die studenteskuld-beleid te hersien. Die visekanselier, professor Mamokgethi Phakeng, sê tydens die vergadering wat vir Maandag geskeduleer is, sal die raad ‘n voorstel van die uitvoerende direkteur van finansies oorweeg oor hoe die benadering tot studenteskuld gewysig kan word. Die studente het betoog teen die universiteit se besluit om studente met skuld van 10 000 rand en meer toegang tot hul jaareindpunte en herregistrasie te weier.