Airlink wil sy vlerke sprei in Namibië

Airlink beplan om plaaslike vlugroetes in Namibië te vestig. Die uitvoerende hoof van dié Suid-Afrikaanse lugredery, Rodger Foster, sê Airlink is in gesprekke met internasionale lugrederye om ‘n vennootskap te sluit. Hy sê Airlink het reeds van die vennote besoek en hulle is baie gretig om in Namibië hul vlerke te sprei. Foster sê dit sal in die nabye toekoms gebeur.