Een Covid-sterfgeval in Tsandi-distrik aangemeld

.

Die Namibiese gesondheidsministerie het een Covid-sterfgeval van ‘n 90-jarige man in die Tsandi-distrik aangemeld, asook 29 nuwe Covid-gevalle uit 1 260 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 3,6 persent is. In die groep is een elk leerder, student en onderwyser. Daar is nou 2 686 aktiewe gevalle, waarvan 65 pasiënte in hospitale is en ses in hoësorgeenhede. Altesaam 20,4 persent van die teikenbevolking is ten volle ingeënt.